Sale!

Storieman Omnibus 6

R210.00 R180.00

1 in stock

SKU: SM6 Categories: , , Tags: ,
Share this

Description

Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister. By die huis, of in die motor…Storieman is daar!

In hierdie uitgawe lees ons weer van Timmertak en Abigael die spinnekop se avonture. Daar is gunsteling-stories soos “Simon se kanaal”,  “Die laaste flentertjie reënboog”, “Oom Stoffel eet by ‘n towenaar”, “Die parasol” en “Die vriendelike beer”. Geniet ook nog ‘n lekker Liewe Heksie-storie en word betower deur sprokies soos “Die gemmerbroodman” en “Duimelize”.

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. Jong kinders het ‘n wonderlike vermoë om te leer deur te luister, nog lank voor hulle kan lees. Storieman is daarvoor bekend dat dit kinders help om woordeskat te verryk, taalbeheer te bevorder, konsentrasie te verbeter en leeslus aan te wakker.

Boek met 2 oudio-CD’s

Human & Rousseau



Reading and Activities

Shop our wide range of affordable activity and fun-to-read books