Description
‘n Legkaart tel spel. In hierdie opwindende spel van kans, bedrewenheid en getalorde, ding die spelers met mekaar mee om Tortie se dop volgens die val van ‘n dobbelsteen te voltooi, maar dit moet ook in die korrekte volgorde vanaf 1 – 6 gedoen word. Elke dop bestaan uit 6 eenkleurige dele. Elke deel is met kolletjies soos ‘n dobbelsteen gemerk.
Om te begin moet alle dopdele op die tafel uitgesprei word. Die leë Tortie-borde word aan die spelers uitgedeel. Elke speler kry op sy beurt ‘n kans om die dobbelsteen te gooi. As hy ‘n 1 gooi, mag hy die dopdeel met die 1 kolletjie op vat, en die dop van Tortie op sy bord begin vul. Volgende moet hy ‘n 2 gooi ens. Die wenner is die eerste speler wat sy dop in die regte numeriese volgorde voltooi het.
Ouderdom : 3 tot 8 jaar
Aantal spelers : 1 – 6