Sale!

Storieman Omnibus 5

R210.00 R180.00

1 in stock

SKU: SM5 Categories: , , Tags: ,
Share this

Description

Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister. By die huis, of in die motor…Storieman is daar!

In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos “Wikus de Goede”, “Die astrante snyertjie”, “Die standvastige bliksoldaatjie” en “Die keiser se nuwe klere”. Kom lag lekker saam met stories soos “Liewe Heksie en die Koekoekie” en “Spokie van Boosgelegen” en word betower deur sprokies soos “Elf wilde swane”, “Die tonteldoos” en “Die Groen Jonkvrou van die meer”.

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. Jong kinders het ‘n wonderlike vermoë om te leer deur te luister, nog lank voor hulle kan lees. Storieman is daarvoor bekend dat dit kinders help om woordeskat te verryk, taalbeheer te bevorder, konsentrasie te verbeter en leeslus aan te wakker.

Boek met 2 oudio-CD’s

Human & Rousseau



Reading and Activities

Shop our wide range of affordable activity and fun-to-read books