Sale!

Storieman Omnibus 4

R210.00 R180.00

1 in stock

SKU: SM4 Categories: , , Tags: ,
Share this

Description

Hierdie omnibus-uitgawe bevat twee van die gewildste vervolgreekse uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister. By die huis, of in die motor…Storieman is daar!

“Pinocchio” vertel die klassieke verhaal van ‘n houtpop wat graag ‘n regte seuntjie wou word. Daar is ook die immergewilde storiereeks “Heidi”, waarin ‘n weeskind gestuur word om by haar iesegrimmige oupa in ‘n berghut in die Alpe te gaan woon.

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. Jong kinders het ‘n wonderlike vermoë om te leer deur te luister, nog lank voor hulle kan lees. Storieman is daarvoor bekend dat dit kinders help om woordeskat te verryk, taalbeheer te bevorder, konsentrasie te verbeter en leeslus aan te wakker.

Boek met 2 oudio-CD’s

Human & Rousseau



Reading and Activities

Shop our wide range of affordable activity and fun-to-read books