Sale!

Storieman Omnibus 3

R210.00 R180.00

Out of stock

SKU: SM3 Categories: , , Tags: ,
Share this

Description

Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste verhale en sprokies uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister. By die huis, of in die motor…Storieman is daar!

In hierdie uitgawe is Gobbolino die heksekat weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos “Die Gelukkige Prins”, “Die Gobbelrot”, en “Die tamaai groot harige bogman” en kom lag lekker vir stories soos “Die groot pasteiwedstryd” en “Eierdrome”.

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. Jong kinders het ‘n wonderlike vermoë om te leer deur te luister, nog lank voor hulle kan lees. Storieman is daarvoor bekend dat dit kinders help om woordeskat te verryk, taalbeheer te bevorder, konsentrasie te verbeter en leeslus aan te wakker.

Boek met 2 oudio-CD’s

Human & Rousseau



Reading and Activities

Shop our wide range of affordable activity and fun-to-read books